Tarte Tatin [Onderstebo Appeltert]

Skil 5-6 appels en sny binnestronk uit. Hou appels in suurlemoen-water, voorkom verkleuring. Verhit oond 180 gr C. Smelt 45 ml botter, 45 ml bruinsuiker en 60 ml heuning in pan. ‘n Ysterpan is geskik of ‘n pan met metaal handvatsel. Karamelliseer vir 3 minute. Pak appelskywe bo-op. Braai vir 5 minute tot goudbruin. Sny 1 vel gekoopte, ontvriesde blaardeeg bietjie groter as pan en vou bo-oor die appels. Druk stewig in by kante. Bak vir 30-35 minute goudbruin en gaar. Plaas ‘n groot bord oor die pan en keer met vinnige beweging om. Sny in stukke en bedien met vanilla roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos