Tipsy tert

Oond 180 gr C.  Kerf 1 pakkie dadels en gooi 1 k kookwater op. Sprinkel 1 E koeksoda oor, laat staan tot effe sag, Roer by: 1 k suiker, 2 eiers, 2 E sagte margarine en 1 t vanilla essens. Sif 1 en halwe k koekmeel, 2 t bakpoeier en kwart t sout. Roer by beslag. Skep in groot gesmeerde oondbak. Bak 40-45 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor: Kook saam: 2 k suiker, 1 t margarine, 175 ml kookwater en 1 t vanilla essens. Roer halwe k brandewyn in. Steek gaar tert met vurk en gooi sous oor. Jy kan ook cherries by dadels voeg, sny deur. Eet met room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos