Tot Sy eer.
Search

Toffie Appels.

Plaas vel bakpapier op ‘n skinkbord. Steek sosatie penne in middel van 10 klein appels. Maak stroop. In kastrol: 2 en halwe k suiker, 1 k kookwater 1 t asyn en knippie sout. Roer tot suiker opgelos is. Voeg 45 ml gouestroop by en verhit tot kookpunt. Kook op medium hitte tot stroop taai is en harde bolltejie vorm as jy van stroop in koue water drup. Haal van stoof en plaas in wasbak met koue water in om stroop af te koel. Voeg 1 t rooi voedselkleursel by en skommel kastrol tot stroop heel rooi is. Doop appels in, bedek heel met stroop. Plaas terug op skinkbord, Laat hard word voor eet.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos