Toffie Crispies

Kook vir 15 minute saam: 1 blik kondensmelk, 90 ml margarine, 190 ml suiker, kwart t sout, 1 E goue stroop en 1 t vanilla geursel. Roer met houtlepel terwyl dit op medium hitte kook. Haal van stoof af en roer 1 pk marshmallows by tot gesmelt. Roer dan 4 k rice Crispies by. Skep in gesmeerde plat bak en maak gelyk. As gestol, sny in vierkante. Bêre in lugdigte houer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos