Tok se karamelkoekies

Oond op 150 grade

1   125 g sagte  margarine
100ml strooisuiker
500 ml koekmeel
2 ml sout

2    125 gram sagte botter of margarine
50 ml suiker
50 ml gouestroop
helfte van n blik kondensmelk

3      125 gram bak of gewone sjokolade

Meng margarine en suiker tot romerig. Voeg meel en sout by en knie tot
goed gemeng

Plaas in pan van 25 x 35cm en druk plat met eierspaan..

Bak 40 minute

Maak karamel deur margarine, suiker , stroop en kondensmelk in kastrol
oor matige hitte tot kookpunt te verhit, Roer aanhoudend.
Laat 5 minute kook en verwyder van hitte. Klop die mengsel goed en
gooi oor die warm gaar kors wanneer dit uit die oond kom. Maak dit
gelyk en laat afkoel.

Smelt sjokolade oor kookwater en smeer oor afgekoelde karamellaag.
laat afkoel en sny in blokkies of driehoeke.

 

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos