Tuna en Kaas Gebak

Oond 180 gr C

Meng alles saam: 2 blikkies tuna, dreineer, 2 eiers, 100 gr gerasperde kaas, 250 ml room, 1 klein gekapte ui en 1 gekapte groenrissie en sout en peper na smaak. Kan ook 1 blikkie roomsampioene ook byvoeg.  Skep in gesmeerde bakskottel. Sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor.  Bak 25-30 minute tot gaar en gestol.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos