Tuna Koekies.

Meng 1 klein pakkie kits aartappels met 350 ml warm melk, voeg daarby 2 blikkies gedreineerde tuna, voeg vlg by; 1 klein, gekapte ui, 1 E suurlemoensap, 1 t fyn gerasperde suurlemoenskil, 2 E rou oats, sout en peper en 1 t vissmeer, ook 1 eier. Meng saam en rol koekies in droee broodkrummels. Plaas in yskas vir half uur. Bak in vlak olie, pasop vir te hoë hitte, anders is koekies nog rou binne. Bedien met kapokaartappels en groen slaai

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos