Tuna Tert [ Ligte ete ]

Oond 180 gr C.

Druk 1 groot pak  kaas en uie chips fyn en strooi onder-in  diep tertbak.
Meng alle bestandele saam in bak: 2 geklitste eiers, 1 t worcestersous, 2 blikke tuna [dreineer] 1 gekapte ui, 1 gekapte green pepper, 3 E bruismeel, 1 k gerasperde kaas, 1 k melk, sout en peper na smaak en 2 t gekapte vars of droeë pietersielie. Goor oor chips en sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 30-35 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos