Tuna Viskoekies met Krummels

Meng 1 klein pakkie smash aartappels met 350 ml warm melk en voeg volgende by: 2 blikkies gedreineerde tuna 1 eier, 1 klein gekapte ui, 1 E suurlemoensap, 2 E rou oats en 1 t bakpoeier, sout en peper na smaak. Vorm koekies en rol in droƫ broodkrummels en plaas vir 30 minute in yskas. Bak in vlak olie, tot goudbruin en gaar en dreineer op kombuispapier. Bedien met slaai en kapokaartappels of aartappelskyfies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos