Tot Sy eer.
Search

Vakansie Roomys

Klits 1 blikkie Ideal melk [oornag in yskas] en ‘n pakkie[2 sakkies] Orley Whip saam tot styf. Voeg 1 k strooisuiker en 2 t vanilla geursel by. Klits goed deur en skep in’n 2 L roomys bak. Plaas in vrieskas tot gevries. Skep in bakkies of op roomys-horings.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos