Tot Sy eer.
Search

Vanilla Cupcakes

Oond 180 gr C.    Voer ‘n muffinpan uit met papier-houertjies.  Klits saam;  175 gr sagte botter, 1 t vanilla-geursel, 1 k suiker en 4 eiers.   Sif 1 1/2 k bruismeel en 2 ml sout.  Vou in by eiermengsel.  Skep houertjies 3/4 vol en bak vir 20 minute.  Laat koel af op draadrakkie.     Versiersel:  Klits saam;  75 gr sagte botter, 1 1/2 k versiersuiker, knippie sout, 1 E warm water en 1 t vanilla-geursel.  Skep in versierbuis en versier soos verkies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos