Vanilla Roomys [diabeet]

Week 1 t gelatien in 1 E koue water en los dan op in 3/4 k warm water. Klits 1 blikkie Lite Ideal melk [oornag in yskas] styf. Voeg 1/2 k versoeter suiker, knippie sout, 2 t vanillageursel en die afgekoelde gelatine by. Klits vir 2 minute. Skep uit in plastiek bak met deksel. Sit in vrieskas. Klits na 20 minute weer deur en plaas in yskas vir 2 ure. Klits weer deur en vries dan weer tot roomys styf is. Gebruik dit dan.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos