Vark Sosaties

Geur 1 kg varkvleis blokkies met sout, fyn koljander en peper. Meng marinade: 1 suurlemoen se skil, gerasper, en sap, 2 E heelkorrel mosterd, 5 E heuning en 3 E wit wyn. Gooi oor varkvleis blokkies en laat staan ten minste 3 ure. Oornag is beste. Laat hout sosatie stokkies oornag in koue water lê. Ryg vleis in en braai oor matige kole. Jy kan ook pynappelblokkies, uie, tamaties, greenpepper saam inryg.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos