Tot Sy eer.
Search

Victorian Sandwich Koek

Oond 180 gr C.

Verhit 250 ml melk en 80 ml kookolie.
Klits saam: 375 ml suiker en 4 eiers.
Sif 500 ml koekmeel, 3 t bakpoeier en 2 ml sout saam.
Sprinkel oor eiermengsel en vou in met melk en olie. Vou in met metaallepel. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne.
 Bak vir 30 minute tot gaar.
Keer uit op draadrakkie en koel heeltemal af. Klits 1 houer vars room styf. Smeer aarbei konfyt op een laag en skep room oor. Plaas ander koek bo-op.  Sif versiersuiker bo-oor.
Jy kan 1 t vanilla essens byvoeg as jy verkies.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos