Vinnige Hoenderkerrie

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in bietjie olie.   Voeg by: 2 t vars gerasperde gemmer of 1 t gemmerpoeier, 2 t matige kerriepoeier, 1 t borrie, 1 t fyn komyn, 1 t fyn koljander en 1/2 t paprika.    Roer deur. Voeg 10 hoenderboude en dye by en bedek met kerriemengsel. Gooi 1 blik gekapte tamaties by en 1 blikkie klappermelk. Ook sout en peper na smaak.  Prut vir 30 minute tot hoender gaar is. Roer 160 ml plein jogurt by.  Bedien warm op wit rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos