Vinnige Kaaskoek

Maak beskuitjie kors van fyngerolde Tenniskoekies en 4 E gesmelte margarine.  Druk vas in tertbak.  Klits saam: 370 gr gladde roomkaas, 1 blik kondensmelk en 1/4 t sout.  Klits 1/3 k suurlemoensap by.  Klits deur en skep in tertkors.  Plaas in yskas vir 2 ure voor gebruik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos