Vinnige Mosbeskuit

Gooi in mengbak: 7 k koekmeel, 2 pakkies kitsgis, 1 k suiker, 1 t sout en 30 ml anyssaad.    Smelt 100 gr margarine in 410 ml kookwater en roer 200 ml melk by.  Meng by droë bestandele en knie baie goed.  [As jy in Kenwood kan knie, nog beter].   Maak deeg in houer warm toe en laat rys vir 30 minute tot dubbel hoeveelheid.  Knie plat.   Oond 180 gr C.   Vorm balletjies en plaas in goed gesmeerde pannetjies. 3 klein of 1 groot broodpan.  Laat rys tot panne vol is en bak vir 50-60 minute tot gaar.   Keer uit en laat afkoel.    Breek in lang stukke en droog uit by 100 gr C.   Of eet bolletjies net so met botter, appelkooskonfyt en fyn gerasperde kaas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos