Tot Sy eer.
Search

Vinnige Piesangpoeding

Genoeg vir 6

Bestandele:

100g botter

2 ryp piesangs

1/2 koppie plus 1 eetlepel ligte bruinsuiker

3/4 koppie bruismeel

2 teelepels fyn kaneel

2 eiers

2 eetlepels melk

Metode:

Plaas die botter in `n 1 liter mikrogolgbestande skottel en mikrogolf op hoog vir ongeveer 30 sekondes of tot die botter gesmelt is. Voeg 1 1/2 piesang by en maak in botter fyn. Voeg die suiker, bruismeel, kaneel, eiers en melk by en meng goed. Sny die oorblywende piesang in skyfies en rangskik bo – op. Mikrogolf op hoog vir 8 minute. Bedien warm.

Wenk:

Bedien met roomys en `n karamel – of toffiesous of net so met `n bietjie styfgeklitse room.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos