Tot Sy eer.
Search

Vinnige vetkoek

Sif saam in mengbak: 2 k koekmeel, 4 t bakpoeier en halwe t sout. Vryf 3 E margarine in meel. Maak aan met 1 k melk. Gooi 2 k kookolie in diep kastrol en verwarm tot medium warm. Toets met stukkie deeg, as dit bruin word, is olie reg. Skep lepels vol deeg in olie en bak tot goudbruin alkant. Dreineer op kombuispapier. Bedien met botter en stroop, of met kerrie maalvleis.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos