Vinnige Vlaskywe

Meng in groot kastrol op medium hitte.  1 L melk, 1 k suiker, 125 ml vlapoeier, 80 ml margarine, 1/4 t sout en 2 t vanillageursel.   Roer met draadklitser tot mengsel dik word.   Pak creamcrackers onder in ‘n groot tertbak. Gooi vulsel bo-oor.   Pak weer creamcrackers bo-op.   Meng 1 k versiersuiker met 1 E suurlemoensap en knippie sout.  Gooi bo-oor. Plaas in yskas.   Sny in blokke en bedien koud.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos