Vinnige Vrugtebroodjie

Oond 180 gr C.

Gooi 200 ml warm swart rooibostee oor 2 k vrugtekoekmengsel in mengbak.  Laat 10 minute staan.  Roer by; 1/2 k suiker en 2 E fyn appelkooskonfyt. Klits 1 eier en roer by mengsel.  Roer 2 k bruismeel en 1/2 t sout by en ook 1 t lemoenessens. Skep deeg in gevoerde gesmeerde medium broodpan. Bak 40-50 minute tot gaar. Keer uit op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos