Vla Koek

Oond 180 gr C. Voer en smeer 2 ronde koekpanne. Verhit 160 ml melk en 60 ml botter tot botter smelt, moenie kook. Koel eenkant af. Klits saam: 4 groot eiers 375 ml suiker en 1 t vanilla geursel. Sif 500 ml koekmeel, half t sout en 4 t bakpoeier. Vou droë bestandele in eiermengsel om beurt met melkmengsel. Skep in koekpanne en bak vir 25-30 minute. Koel af op afkoelrakke. Vla versiersel: Gooi in kastrol: 400 ml melk, 100 ml suiker, 1 t vanillageursel en kwart t sout, bring tot kookpunt en roer 100 ml vlapoeier gemeng met 100 ml melk versigtig by. Kook 2 minute, terwyl jy roer. Koel af in yskas. Sny afgekoelde koeke in dwarste deur, en smeer vla tussen lae.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos