Tot Sy eer.
Search

Vla Tert

Oond 150° C.    Skei 6 eiers, Klits saam: 6 eiergele, 250 ml suiker en 5 ml vanillageursel. Klits tot liggeel en dik. Gooi 200 ml gesmelte botter in dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits.  Sif saam: 250 ml koekmeel en 90 ml vlapoeier en knippie sout. Voeg lepels-gewys by terwyl jy klits. Voeg 750 ml lou melk in dun straaltjie by terwyl jy klits. Klits eierwitte styf en vou by vla beslag in. Gooi in gesmeerde diep tertbak.  Bak vir 50 minute. Jy kan ook die vulsel in ‘n koekie kors gooi en dan bak.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos