Tot Sy eer.
Search

Vleisbolletjies onder kombers.

vleisbolltjies onder deegOond 200 gr C.  Ontvel 1 pakkie rou varkworsies, 500gr of 750gr pak, en rol in bolltejies. Plaas in oondbak en Gooi 1 E olie oor. Sit in oond. Maak deeg aan. Klits saam: halwe k koekmeel, 2 eiers, 300 ml melk, 2 E olie, 1 E aangemaakte mosterd  en ‘n kwart t sout. Laat 10 minute rus. Klits deur, gooi versigtig bo-oor die warm vleisbolletjies. Jy kan die worsies ook net so gebruik of jou gewone vleisbolltejies onder-in bak sit.  Bedien met slaaie.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos