Voedsame Groentesop

Kook paar stukkies beentjie-vleis met een gekapte ui tot amper sag, in 2 L water so 30 minute. Voeg dan groente by. 1 Pakkie sopmengsel, afgespoel, 2 groot geskilde, gerasperde aartappels, 4 groot geskilde, gerasperde wortels, 1 gekapte groenrissie. Voeg ook 1 bees-aftreksel blokkie by. Gooi nog water by. Bring tot kookpunt en draai dan plaat af tot laagste. Skep skuim nou en dan  met gaatjieslepel af. Roer kort kort deur dat groente nie aanbrand. Kook tot groente en vleis sag is, en gooi dan so 2-3 hande-vol skulpie-noedels by. Kook tot uitgeswel en roer dan 1 pakkie oxtail-aanmaak soppoeier, opgelos in 2 k water by. Roer deur en kook nog vir 10 minute terwyl jy oplet vir aanbrand. Voeg meer water by as te dik na smaak. Voeg sout en peper na smaak by.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos