Voedsame Pasta-Gereg

Kook halwe pak pasta, skulpies of macaroni, in soutwater tot gaar en dreineer, hou eenkant. Braai 1 groot ui, gekap, in olie en voeg 2 k hamblokkies by. Voeg dan Pasta by en roer deur. Voeg by: 2 E mayonaise, 2 E blatjang, halwe k melk, 1 blikkie roomsampioene en 1 k gerasperde kaas. Meng goed deur en skep in diep oondbak. Klits 2 eiers en 1 k melk saam en gooi bo-oor. Volg dan met skyfies tamatie en 1 K gerasperde kaas. Bak by 180 gr C tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos