Volkoring broodjie (nie knie)

Oond 180 gr C.   Smeer 2 medium broodpannetjies.   In skottel: 750 gr Volkoringmeel, 500 ml koekmeel, 1 t sout, 1 pakkie kitsgis en halwe k sonneblomsaad.  Maak holte in middel.  Roer saam: 1 E bruinsuiker, 1 E kook-olie en 625 ml lou-warm water. Roer bymekaar tot stywe deeg en skep in panne. Sprinkel nog sade oor as jy wil.  Laat rys panne vol en bak vir 60 minute tot gaar.  Keer uit op afkoelrak. Eet met botter, konfyt en kaas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos