Volkoring Konfyt Beskuit

Oond 180 gr C. Smeer oondpan of spuit met kossproei.  Smelt 500 gr margarine, 1 k suiker en halwe k appelkooskonfyt oor lae hitte. Laat effe afkoel en voeg 2 geklitste eiers by, klits deur. Sif 500 gr bruismeel, 1 E bakpoeier en 1 en halwe t sout saam in mengbak. Voeg 500gr volkoring meel en 1k klapper en handvol sonneblom saad by. Roer bottermengsel by meelmengsel. Skep deeg in oondpan en maak gelyk en merk in stukkies, so groot soos weetbix blokkies, af. Bak vir 30- 40 minute tot gaar. Breek in stukke en droog uit by 100 gr C. Oornag

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos