Tot Sy eer.
Search

Volkoring Muffins [diabeties]

Klits 2 eiers, halwe k sonneblom olie, en 1 en halwe k diabetiese suiker. Voeg res van bestandele by: 1 k volgraan meel, 1 t sout, 2 t koekmeel, 2 k semels, 1 t vanilla, 1 t bakpoeier, 1 k gekapte dadels, 1 t fyn kaneel, 2 ryp, fyngedrukte piesangs en 1 gerasperde appel en 2 t asyn. Laat oornag in yskas staan, bedek die bak met tinfoelie. Vlg oggend, verhit oond 200 gr C. Skep deeg in gesmeerde holtes van muffin pannetjie en bak vir 15 minute tot gaar.  Mengsel kan tot 1 maand in yskas gebêre word en bak soos benodig.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos