Vrugte Klapperblokkies

Smelt saam in kastrol; 125 gr botter, 1 blik kondensmelk, 100 gr wit sjokolade en knippie sout. Haal van hitte af en roer by; 1 pakkie, grof gekapte eat-sum-mor koekies, 1 en halwe k klapper, 1 k vrugtekoek mengsel en halwe k gekapte cherries. Meng goed deur en skep in gesmeerde, plat bak. Maak gelyk bo-op en gooi vlg versiersel oor: meng saam: 3 k versiersuiker, 3 E suurlemoensap en 1 E kookwater. Smeer gelyk en laat stol. Sny in blokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos