Vrugte Wortelkoek

Oond 180 gr C. Klits saam; 4 eiers, 250 ml sonneblom/canola olie en 2 k suiker tot lig en donsig. Voeg by: 2 k + 2 E bruismeel, 1 t koeksoda, 2 t fyn kaneel, kwart t sout, 1 E asyn, 1 k vrugtekoek mengsel, 2 fyngemaakte, ryp piesangs en 3 k fyn gerasperde wortels, as jy wil, ook 1 k gekapte pekan neute. Meng goed deur en deel in 2 gesmeerde gevoerde koekpanne. Bak vir 30-40 min tot gaar. Koel heeltemal af en versier met roomkaas versiersel of lemoen versiersel

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos