Vrugtebroodjie

Plaas 500 ml droëvrugte-koekmengsel, 30 ml appelkooskonfyt en 125 ml suiker in kastrol.  Voeg 200 ml lemoensap by en verwarm tot voor kookpunt. Roer tot suiker gesmelt is.   Koel vir 1/2 uur af.   Oond 180 gr C.   Klits 1 eier en roer by vrugtemengsel. Roer 500 ml bruismeel en 1/2 t sout by.  Skep deeg in 1 medium- of 2 kleiner broodpanne, gevoer en gesmeer.  Bak vir 40-50 minutute tot gaar.  Bedien by tee.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos