Vrugtepons

Kook stroop van 4 k suiker en 4 k water vir 10 minute lank. Laat afkoel en gooi 6 lemoene se sap, 12 grenadillas se moes en 1 blik fyn pynappel by. Roer goed deur. Voor opdien, voeg 6 L Lemonade of Sprite by. Versier ponsbak met stukkies vrugte opgesny en baie ysblokkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos