Tot Sy eer.
Search

Warm aartappelslaai (vir diabete)

(Lewer 4 porsies)

1.  Kook 4 groot aartappels of 8 klein aartappels tot gaar met die skil aan.

2.  Pak die volgende nou in ‘n mooi opdienbak:

–  die gaar aartappels opgesny

–  4 selderystokkies opgekap

–  4 grasuie opgekap

–  5 teelepels vars pietersielie opgekap

–  4 songedroogde tamaties opgesny

–  sout en peper na smaak.

3.  Meng die volgende sous in ‘n aparte bak:
     –  125ml vetvrye joghurt
     –  5ml gerasperde suurlemoenskil
     –  5ml suurlemoensap
     –  2,5ml medium sterkte kerriepoeier

4.   Meng nou die sous goed deur die aartappelmengsel.

5.  Verhit die gereg in die mikrogolfoond vir 2min op ‘n keer.  Roer dan
     deurmekaar en verhit weer met 2min pouses totdat alles warm is.
     Moenie dat die gereg kook nie, dit moet slegs warm wees.

6.  Garneer met fyngekrummelde Fetakaas bo-oor voor opdiening.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos