Tot Sy eer.
Search

Warm Aartappelslaai

Genoeg vir 4 mense

Bestandele:

7 – 8 middelslag baby marrows, in stukke van ongeveer 5 cm gesny

6 groterige aartappels, geskil en in kwarte gesny

Sout

1 1/2 teelepels aangemaakte mosterd

2 eetlepels witasyn

Sout en varsgemaalde swartpeper

90 ml olyfolie

1 knoffelhuisie, fyngekap

1 eetlepel varsgekapte pietersielie (of 1 teelepel droë)

1 teelepel droë origanum

Metode:

Bring `n kastrol soutwater tot kookpunt en sit die baby marrows daarin. kook vir ongeveer 7 – 10 minute tot sag, maar nie papsag nie. Dreineer en hou eenkant warm. kook die aartappels in soutwater tot net – net sag. Dreineer en hou eenkant warm. Plaas die mosterd in `n klein bakkie en voeg die asyn by. Geur met sout en peper en voeg die res van die bestanddele by. Klits liggies met `n vurk totdat die mengsel begin dik word. Meng die aartappels en baby marrows in `n mooi slaaibak en gooi die slaaisous oor. Meng liggies en bedien onmiddelik.

Wenk:

As jy verkies, kan jy die slaai ook koud voorsit.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos