Tot Sy eer.
Search

Wit Sjokolade Plaatkoek

Oond 180 gr C. Klits 200 gr sagte botter, 250 ml suiker en 4 eiers goed saam. Voeg 260 ml bruismeel, 100 gr gekapte wit sjokolade en 10 ml lemoengeursel by. Meng goed en skep in  gevoerde, gesmeerde reghoekige koekpan. Bak vir 25 minute en keer uit op afkoel rakkie.   Versier met vlg versiersel: Smelt 200 gr wit sjokolade en 100 ml room saam tot gladde mengsel. Gooi bo-oor koek en laat stol. Sny in blokke vir opdiening.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos