Tot Sy eer.
Search

Woema-winter-blomkoolbrood

75 g – 1 kg blomkool

50 g botter

350 ml warm melk

1 eier

½ koppie bruismeel

50 g witbroodkrummels

1 eetlepel pietersielie,gekap

knippie neutmuskaat

sout en peper

1 koppie Cheddarkaas

Sny die stronk uit die blomkool en kook tot sag in soutwater.

Verpulp dit en hou eenkant.

Smelt botter in warm melk.

Sodra melk afgekoel het,voeg die res van die bestanddele by. (Voeg slegs die helfte van die kaas by)

Plaas die beslag in ‘n gesmeerde broodpan.

Strooi die res van die kaas oor.

Bak ten 160 grade vir 30 tot 40 minute.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos