Worsies in Beslag

Oond 180 gr C.       Gooi 2 E kookolie in oondpan en plaas in warm oond terwyl jy beslag aanmaak. Beslag: Gooi 2 k bruismeel en 1 t  sout in mengbak. Klits saam in groot beker: 1 k karringmelk, 1 k gewone melk, 1 eier, 2 t droë mosterdpoeier, 1 E pietersielie en 80 gr gesmelte botter. Voeg by meel en roer klonte uit met draadklitser. Haal pan versigtig uit oond en gooi beslag baie stadig in pan met olie. Pak varkworsies versigtig in beslag en steek terug in oond. Bak vir 50-60 minute tot goudbruin.  Bedien met slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos