Wyn-Hoender

Oond 180 gr C.   Pak 10 hoenderstukke in oondbak en goooi 1 gekapte ui oor hoender. Sprinkel met hoenderspeserye.  Meng 1 E paprika, 1 k meel en 1 t medium kerriepoeier saam en sprinkel oor hoender. Gooi vlg sous bo-oor. 3/4 k hanepootwyn, 1/4 k kooklolie, 1/4k tamatiesous en 1/2 k blatjang, meng saam.   Plaas tinfoelie oor bak en bak vir 2 ure. Haal foelie af en “grill” hoender tot goudbruin.  Bedien met rys en gooi sous oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos