Tot Sy eer.
Search

Wynhoender

Oond 180 gr C.

Meng saam in groot bak: 1 E paprika, 1 k koekmeel, 1 t kerriepoeier en 1 E hoenderspeserye. Rol 12 hoenderstukke daarin en pak in groot oondbak. Sprinkel van droë mengsel oor.  Maak vlg sous: Meng saam 3/4 k soetwyn, 1/4 k kookolie, 1/2 k tamatiesous en 1/2 k blatjang.  Sny groot uie in ringe en pak op hoender en gooi sous oor. Bedek bak met tinfoelie, blinkkant onder.  Bak vir 2 ure. Bak goudbruin onder oondrooster. Bedien met baie wit rys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos