Tot Sy eer.
Search

Yskas Kondensmelktert

Maak kors van Tenniskoekies, fynner gerol en gemeng met 4 E gesmelte margarine. Druk vas in diep tertbak.  Vulsel; In groot kastrol: 1 blikkie kondensmelk en 4 blikkies water, 1 E rondvol botter, en knippie sout.  Meng in groot beker: 3 E maizena, 1 1/2 E koekmeel, 1 1/2 E vlapoeier, 3 eiergele en 2 t vanilla geursel. Maak aan met bietjie water.  Sodra melk begin kook, roer meel-mengsel met draadklitser by, klits aanhoudend tot mengsel kook en dik is.  Haal af van plaat en vou 3 geklitste eierwitte by.  Skep in koekiekors en sprinkel fyn-weg kaneel oor. Jy kan ook van die krummels hou en bo-oor sprinkel. Plaas tert in yskas tot bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos