Ystervarkies

Neem 1 klaar gebakte Botterkoek [plaatkoek]  Sny in blokkies en plaas in vrieskas vir 3 ure.     Stroop: Sif 3/4 k kakaopoeier en 3 k versiersuiker en knippie sout saam in mengbak.  Verhit 1 en 1/3 k melk en roer 3 E botter by tot gesmelt. Roer by droë bestandele. Beslag moet soos dik loperige room wees.  Voeg nog melk by as te dik of nog versiersuiker as te dun.  Gooi mengsel in vlak bak. Gooi ook  klapper in ‘n aparte bakkie.  Doop  koekblokkies een vir een in sjokolade mengsel en dan in klapper. Bedek rondom.  Plaas op draadrakkie. Plaas in bak met deksel en hou in yskas tot bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos