Tot Sy eer.
Search

Departement Kommunikasie Toekenning

Departement Kommunikasie Toekenning

Gedurende 2005 was Gemeenskapsradiostasies betrokke by ‘n inisiatief wat deur die Departement Kommunikasie finansier was. Deelnemende gemeenskapsradiostasies (ongeveer negentig) het maandeliks vir die Departement programme vervaardig.

Die Departement het besluit om Gemeenskapsradio’s te vereer vir hulle werk. Tydens die Gala geleentheid wat op 2 September 2005 in Johannesburg gehou is, het Radio Namakwaland ‘n toekenning ontvang vir die Beste Gespreksprogram. Die program het gehandel oor die verkragting van vroue. Die vervaardiger en aanbieder was Annette Smit. Die prysgeld het R10 000.00 beloop.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos