Goue Dadelpoeding

Oond 180 gr C.     Stroop: In kastrol: 2 k water, 2 k bruinsuiker, 2 E botter en knippie sout. Laat deurkook en gooi versigtig in diep oondbak.    Beslag; Sny 1 pakkie dadels fyner en strooi 1 t koeksoda oor en ook halwe k kookwater en 2 t asyn.  Meng vlg saam in mengbak: 2 k bruismeel, 1/2 t sout, 2 eiers, 1 t vanillageursel, 2 E sagte botter en 3 E bruinsuiker.  Skep dadels by en meng deur.  Skep in kokende stroop en bak vir 30-49 minute tot gaar.  Bedien met vla, roomys of karamelsous.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos