Tot Sy eer.
Search

Aartappelmuffins

400 ml aartappels,fyngedruk

430 ml koekmeel,gesif

60 ml suiker

10 ml bakpoeier

2 ml sout

1 eier

180 ml karringmelk

80 ml botter,gesmelt

Voorverhit die oond tot 180ºC. Sif die droë bestanddele saam. Vryf die aartappels by die droë bestanddele in. Meng die eier,melk en botter saam.Roer die eiermengsel by die meel in. Skep muffinpannetjies halfvol beslag. Bak vir 15 tot 20 minute in die voorverhitte oond tot gaar en goudbruin.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos