Tot Sy eer.
Search

Gemeenskaps Projekte

Skole projek : Kohin

Kohin Jeugwerkers tree op as tussengangers tussen jongmense en ander rolspelers soos skole, ouers, opvoeders en gemeenskappe.  Kohin Jeugwerkers tree ook op as rolmodellewaarmee jongmense hulself kan identifiseer en bied op ‘n daaglikse basis ondersteuning en ontwikkelings geleenthede aan jongmense van alle groepe. Radio Namakwaland is reeds sedert 2009 finansieël betrokke by die Kohin Jeugwerkers wat in van ons skole werksaam is. Aanvanklik is ondersteuning net gebied aan Vredendal Sekondêr, maar later ook  Laerskool Vredendal. Teen die einde van 2010 is Vredendal-Noord Primêr, Vergenoeg Primêr en Ebenhaeser bygevoeg en sedert Januarie 2011 word die jeugwerker by die Hoërskool Vredendal ook ondersteun. In die ses skole waar ons nou betrokke is, word ongeveer 4540 leerders indirek daardeur bevoordeel.  Ons betrokkenheid strek net sover as ‘n vaste maandelikse bydrae tot die salarisse van elk van die jeugwerkers.  Ons sien dit as ‘n belegging in die toekoms van ons jongmense omdat hierdie jeugwerkers skitterende werk doen in die lewens van elkeen van die leerders.

Die Direksie van Radio Namakwaland het jare gelede besluit om 10% van ons maandelikse inkomste in die geloof te saai op ander terreine.  Hierdie is een van die projekte wat voordeel hieruit trek.

Besoek gerus hul webwerf by www.kohin.co.za

Skole projek : Oom Karoolus en Lente

Ook Karoolus en Lente is vir ons al soos familie.  Hulle tree al vir jare tydens Teleton by die skole in ons omgewing op. Aanvanklik was dit slegs vir een week, maar dit is uitgebrei na twee weke en dit is steeds nie genoeg nie.  Oom Karoolus en lente het ‘n besonderse manier waarop hul nie net ons kinders nie, maar mense van alle ouderdomsgroepe met die Woord bedien.  Tydens teleton tree hulle ook elke aand op die radio op waar hul dan saam met die kinders kuier en op die manier ons kinders by die radio betrek.  Besoek hul webwerf by http://lente.co.za vir meer inligting.

Die Direksie van Radio Namakwaland het jare gelede besluit om 10% van ons maandelikse inkomste in die geloof te saai op ander terreine.  Hierdie is een van die projekte wat voordeel hieruit trek.

Skole projek : Hoërskool uitreik deur Jan-Hendrik Kleinhans

In Teleton 2022, het Radio Namakwaland begin met ‘n hoërskool uitreik na 6 skole in ons omgewing. Pastoor Jan-Hendrik Kleinhans het die skole besoek en ‘n bemoedigende boodskap gebring.

Tehuise vir bejaardes uitreike 2022

Tesame met Matzikama Begrafnisdienste (MBDSA) besoek Radio Namakwaland in Desember 2022 verskeie tehuise in ons omgewing.

Besoek hierdie skakel vir meer inligting: http://www.934fm.co.za/?p=16172

Toerismekantore

Radio Namakwaland doen maandeliks uitsendings van dorpe in die ontvangsgebied om sodoende meer blootstelling te gee aan ander dorpe binne die ontvangsgebied.  Hierdie uitsendings word deur die plaaslike Toerismekantore georganiseer.  Hulle nader dan ook verskillende mense binne hulle gemeenskap waarmee onderhoude tydens hierdie uitsendings gevoer word.  Op die manier leer ons mekaar en mekaar se behoeftes beter leer ken.

Xhosa bediening : Kobus van Schalkwyk

Alhoewel Radio Namakwaland slegs in Afrikaans en Engels uitsaai, ondersteun ons die Xhosa bediening van Kobus van Schalkwyk. Kobus van Schalkwyk word ook deur die Saai in die geloof fondse hieruit bevoordeel.  Kobus skryf as volg oor sy bedining:

In kort behels my bediening die volgende:

  • Ek is ‘n tentmaker leraar van die VGKerk Vredenburg (Xhosa) met bedieningspunte op Citrusdal, Laaiplek, Vredenburg, Moorreesburg  en Saldanhabaai.
  • Verder help ek ook op die oomblik om huisbesoeke by die Ouetehuis hier op Vredenburg te doen. Die NGKerk leraar is tans alleen en hy het hulp benodig.
  • Ek beweeg rond met ‘n evangelisasie tent in die omtrekke om so die Evangelie aan mense te bring. Veral dan ook en in die besonder Xhosa-sprekendes. Hierdie deel van die bediening is uiteraard waar my pasie lê!