Tot Sy eer.
Search

An se Maklike vrugtekoek

Gooi in groot kastrol: 1 kl gemengde vrugte, 1 pakkie dadels, gesny, 200 gr cherries, deurgesny, 2 t fyn kaneel, 1 t fyn gemengde speserye, 2 t fyn gemmer, 1 t sout, 2 t vanilla essens, 2 k suiker , 2 k water en 250 gr margarine. Roer deur en smelt, kook vir 2 min. Haal van stoof af en roer 2 t koeksoda by, dit sal baie skuim. Stel oond op 160 gr C. Koel vrugtemengsel af en roer 2 geklitste eiers by. Roer halwe k gekapte neute by, as jy wil. Roer dan 4 k bruismeel by, koppie vir koppie, roer goed deur. Voer 2 ronde koekpanne van 23 cm, met bakpapier uit, net een laag. Spuit goed, ook kante, skep deeg in panne en bak vir 2 ure. Oondrakkie moet nie in heel onderste gleuf wees nie, sit rakkie in eerste gleuf, laer as die middelste gleuf. As koeke gaar is, keer versigtig uit op draadrakkie, Koel af en gooi brandewyn, gemeng met soetwyn, versigtig oor, so 3 E op elke koek. As heeltemal koud, draai koeke versigtig om en sit in groot stuk tinfoelie, gooi dan weer dieselfde hoeveelheid brandewyn/soetwyn bo-oor. Vou toe met foelie en bere in lugdigte blik

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos