Tot Sy eer.
Search

Appelpoffers met Melktert sopies

Genoeg vir : 6 – 8
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

Bestanddele:
– 220ml (120g) koekmeel
– 5 ml bakpoeier
– 1 groot eier
– 125 ml melk
– 12,5 ml gesmelte botter
– 5 klein Granny Smith-appels
– halwe suurlemoen
– sonneblomolie vir braai
– 5 ml fyn kaneel
– 1 ml fyn gemengde speserye
– 45 ml suiker

Metode:
1. Sif die meel , bakpoeier en ‘n knippie sout saam. Klits die eier , melk en gesmelte botter saam, en klits dit dan by die droë bestanddele in.
2. Haal die appels se klokhuisies uit en gooi dit weg (gebruik ‘n appelboorder daarvoor). Sny die appels in skywe van 5mm dik en drup suurlemoensap oor.
3. Verhit ‘n lagie olie in ‘n pan oor ‘n matige tot hoë hitte. Sodra die olie warm is, druk ‘n paar stukkies appel in die beslag. Braai tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Meng die kaneel, gemengde speserye en suiker saam en strooi dit oor die poffers.

Melktert-sopies:
Bestanddele:
– 50 ml vodka
– 125ml kondensmelk
– 125 ml ingedampte melk
– fyn kaneel om oor te strooi

Metode:
Meng die vodka, kondensmelk en ingedampte melk saam en gooi dit in sopie glasies. Sprinkel fyn kaneel bo-oor. Sit dit saam met die warm poffers voor.

Gedagte vir die dag: God gee vir ons neute, maar hy kraak nie die dop vir ons nie. (Duitse spreekwoord)

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos