Bone en Greenpepper Sop

Braai 1 gekapte ui, 2 t fyn knoffel en 1 gekapte selderystingel in bietjie olie, in kastrol.  Roer 2 gekapte groen soetrissies by en braai nog vir minuut.  Gooi by: 2 blikkies rooi bone, [nie baked beans]  1 blik gekapte tamaties en 2 k groenteaftreksel by.    Geur met sout en peper en kook saggies vir 10-15 minute.   Bedien met growwe brood.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos