Tot Sy eer.
Search

Broodstokkies

Bestanddele vir 16 broodstokkies;

·         1 koppie suurroom

·         250 gm botter

·         knippie sout

·         3 koppies koekmeelblom

·         1 koppie beleë cheddarkaas, gerasper

·         1 koppie fyn biltong

Metode:

1. Stel die oond op 200 grade Celsius en smeer bakplaat met botter.

2.      Klop die room, botter en sout. Voeg die meel, kaas en biltong bietjies -bietjies by en roer liggies deur.

3.      Rol die deeg uit (nie te dun nie) en sny in lang vingers van 20 cm.

4.      Laat dit rys. Pak die vingers op die bakplaat en bak vir 12 minute tot bros.

LEKKER EET! Lekker ook vir knibbel op koue wintersaande voor die kaggelvuur, of vir die kosblik .

Wysheid vir die dag: ‘n Skinderstorie het nie ‘n rytuig nodig nie (Hollandse spreekwoord)

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos